JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief/Blog


2013-11-21
Nuusbrief 18 November 2013


Liewe Familie                                                                                                                                                                                                                    18 November 2013

 

Eerstens wil ek verskoning maak dat julle solank moes wag vir hierdie brief. My rekenaar het ‘n virus van epidermiese proporsie gehad.

Familie naweek 2013 was weereens baie spesiaal.

‘n Nuwe familie gesiggie, Katie Malan 2maande oud (dis nou Willem en Marthie JvRensburg van Ermelo se klein dogter) en trotse ouers van Marlie en Kosie Malan, het vir ons kom kuier. Asook ons oudste familie lid Tannie Hettie Vorster.

Felicia (Steve Oosthuizen se dogter) met haar verloofde Christo en seun Dillian het ook kom kuier.

Ons wil aan julle almal wat daar was, baie dankie sê. Dit word werklik opreg waardeer.

Oom Willem en Tannie Joey weereens dankie vir julle gasvryheid. Asook die personeel wat ons vreeslik bederf het.

Die voorlopige datum vir volgende jaar sal wees 10 tot 12 Oktober 2014 dit sal dan die laaste naweek in die Oktober vakansie wees.

Ek het julle met die vorige brief vertel van die Helde Akker dag wat in September was. Die wat daar was het baie goeie terugvoering gegee. En ons het met die familie naweek dit goedgedink om daardie dag as deel van ons familie kalender te maak. Die datum is nog nie bevestig nie, maar ek vermoed dit sal weer aan die begin van September wees. Ek sal dit deurgee sodra ek dit gekry het. Ek wil elkeen wat in die Pretoria omgewing en omliggende gebiede bly vra om daardie dag te kom kuier.

Meer sal aan die begin van volgende jaar vertel word.

Die volgende punte is ook bespreek by die familie naweek; Dat ons saam stem dat ons elke jaar by mekaar sal kom, net omdat dit vir ons ‘n voorreg is om deel te wees van iets besonders. Die feit dat ons deel is van ‘n familie wat hierdie jaar reeds 80jaar (van 1933 tot 2013) bymekaar kom. Dat ons die eerste en op die oomblik die enigste familie is, wat, ‘n Afrikaanse webtuiste het in die hele wêreld. Dat daar gemiddeld ‘n 1000 mense, per maand ons webtuiste besoek. Dat mense van oorsee kontak maak en ons loof vir dit wat ons doen, wie ons is en ons seen vir die jare voorentoe. Al was my van nog nooit Janse van Rensburg nie, bly dit vir my iets besonders om deel te wees van hierdie soort geskiedenis. As dit nie vir my familie herkoms was nie, was ek ook nie vandag hier nie.

Dankie aan almal wat elke keer as ek vra vir foto’s vir die website geduldig dit vir my stuur. Ek waardeer dit opreg.

Ons (dit is nou Lelanie Nelson van Annina wat groot asb. Ons hulp benodig) NPO samel geld in om mense te help wat duur mediese operasies/behandelings nodig het en nie mediese fondse het om dit te kan bekostig nie.  Op hierdie stadium is ons besig met ons eerste projek, Operation Grandma…dis om geld in te samel vir my vennoot, en vriendin, se ouma om ‘n heupvervanging te kan kry.  Ons moet ten minste R120 000 insamel hiervoor.  Ons het regtig al die hulp nodig met skenkings maar ook wat blootstelling aanbetref. 

Volg hulle op:

Facebook:                 http://www.facebook.com/funzelela

Twitter:                    http://twitter.com/funzelelasa

Webwerf:                 www.funzelela.co.za

Hulle bankbesonderhede is ook op ons webwerf.

 

Dit gaan nie goed met Gys Mering se gesondheid nie, Dink asb. aan hom en Linda in jul gebede.

 

Hierdie sal dan die laaste amptelike brief wees vir 2013. Sterkte aan almal wat eksamen skryf. Mag dit die mooiste Desember vir julle almal nog wees. ‘n Heerlike vakansie vir elkeen. Die wat weg gaan, ry veilig en geniet dit terdee. ‘n Geseende Kersfees vir almal.

 

En daarmee sluit ek af.

Mooi bly.

Antoinette

083 280 5357

aduveen@gmail.com

www.jansevanrensburgfamilie.co.za


Terug Terug na bo