JOIN OUR MAILING LIST
Statestiek
   

STATISTIEK VAN DIE JANSE VAN RENSBURG FAMILIE

 

Willem Cornelius Janse van Rensburg gebore 01-06-1873 getroud met      Martha Catarina Janse van Rensbug gebore 28-06-1882.

•        Die familie het vandat die susters se pa (ons oupagrootjie) in 1932 oorlede en vir 66 jaar tot en met 1998 na die graf op die plaas Bulfontein/Hekpoort toe gegaan waar altwee begrawe is asook kleinoumatjie se elfde kind (`n seun). Daar het ons die grafte skoon gemaak, blomme op gesit, fotos geneem en `n gebed gedoen, n paar Halleluja en Psalm gesing. Daarna het ons vir baie jare na die fort te Hekpoort wat daar naby was gegaan en piekniek gehou, gekuier tot laat. Die jong seuns het dan rugby of enige bal speletjies  gespeel.  Ek onthou hoe my pa Oom Willie as hy klaar nagereg geeet het by die ander sussies gaan proe of hul nagereg ook so lekker is as ma Hettie sin. Oom Boeta het weer gaan proe aan die soorte kosse. Tannie Tienie het die lekkerste doek poeding gemaak en Tannie Pietie die lekkerste Kerrie Hoender.

•        Terselfde tyd het ons familie bymekaar gekom in November, die naaste Saterdag aan die 19de. Dit was die verjaarsdag van Oom Boeta (die susters se enigste broer) vir baie jare tot en met  1988 waar ons gekuier het van vroeg tot baie laat. Daar het ons koek geeet, gekuier. Oom Boeta het `n lorrievol waatlemoene gebring en ons het geeet, gekuier. Die aand is daar vleis gebraai, pap en sous, slaai, koffie en tee gedrink en gekuier.

•        Na Oom Boeta oorlede is het die familie aangehou om mekaar ten minste 1 maal per jaar te sien. Ons het eers Buffelspoort toe gegaan vir baie jare toe` n paar ander plekke, Rustenburgkloof en nou op die oomblik Groblersdal en dit is altesame 26 jaar tot en met 2012. Altesaam van 1932 tot en met 2012 vier ons 80 jaar se feestlike byeenkomste.

•        Tannie Sussa  was die 2de oudste gewees nl. 98 jaar sy is oorlede in 2005. (1907 – 2005)

•        Daar is 3 tweelinge in die familie nl. Dolsie se Karin en Pieter Botha. Will en Annetjie Meiring se Naomi en Teresa. Raymond en Valerie Meiring se dogter Reinette en Wim du Bruyn se Jeandre en Clarice.

•        Rooikoppe: Kerneels Gouws. Lorriane en George se seun Clinton (Macgaver). Christo en Elsie Oosthuisen se seun Christo, Hennie en Lena Meiring se dogter Annetjie se dogter Milandri, Maryna en Gerhard Smit se dogter Carien. Hendrik en Liz Janse van Rensburg se seun Hendrik.

•        In 1998 by een van ons byeenkomste te Rustenburgkloof was daar nie minder as 7 babas gewees

 

•        Louis en Martie Janse van Rensburg en Antoinette en Jurie Duveen se dogters is altwee op die selfde dag gebore nl; 2 Augustus 2006 en altwee se name is dieselfde nl; Dunné en Duné. Hulle was nie daarvan bewus gewees nie.

•        Will Meiring is die eerste gesin wat sy eerste vrou Lenie en sy twee kinders James en Marika verloor het waarmee hy begin het. Hulle is al drie baie jonk en op `n Vrydagaand in ongelukke oorlede. Die ouderdomme wissel van 33 jaar, 21 jaar en 47 jaar. Will is op die ouderdom van 80 jaar oorlede.

•        Millie Meiring was 7 jaar Voorsitster van die Stadsraad waarvan 5 jaar Burgermeester van die dorp Kinross.

•        Willem Janse van Rensburg was 18 jaar raadslid waarvan 8 jaar Burgermeester van Groblersdal asook die 2de Raadsheer van Groblersdal.

•        Manus Janse van Rensburg was verskeie jare op Stadsraad , 2 termyne Onderburgermeester van Brits. Verskeie jare Voorsitter van die Sakekamer in Brits.

MEDIESE STAMBOOM

  • Ons jongste kanker lyertjie is Lauwan Meiring van Louis en Laurika.
  • Kanker;  Brein, Bors,  Speekselklierkanker. Hartsiektes, Clubfeet, Down sindroom, Diabete en Alzheimers.

 

Weet julle deur al die jare se byeenkomste was daar n onuitgesproke reel wat altyd toegepas is en sal bly, en dit is geen politiek nie, geen drank nie, geen vuil taal nie, geen baklei nie asook geen katterigheid nie. Is dit nie wonderlik nie voorwaar n familie om op trots te wees. Ons moet dit koester en dit nooit vergeet nie. 


Bygevoeg: 2013-11-21 10:34
Terug Terug na bo