JOIN OUR MAILING LIST

Soek    


 

DIE BYNA VERGETE TWEEDE PRESIDENT VAN DIE ZUID-AFRIKAANCHE REPUBLIEK

DEUR : FRANS SMIT

Pres. Willem Cornelis Janse(n) van Rensburg *16.05.1818 -13.08.1865

Te oordeel aan gepubliseerde en ongepubliseerde bronne wat handel oor die periode 1850-1864 eers waarnemende, toe die verkose tweede president van die ZAR het W.C. Janse van Rensburg 'n minder belangrike rol in ons land se geskiedenis gespeel.

Sy naam word by uitsondering, en dan so terloops vermeld.

Weliswaar was sy optrede nie skouspelagtig nie en is die vinger moeilik te lê op sy bydra as openbare figuur in die begin jare van die Z.A.R. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat sy openbare loopbaan betreklik kortstondig was. Gedurende sy verblyf op Potchefstroom en Ohrigstad, is daar verskei afvaardigings na Delagoabaai gestuur. Na alle waarskynlikheid het hy een van die ekspedisies meegemaak waartydens hy swartwaterkoors opgedoen het, wat sy gesondheid permanent geknak het. Dit het grootliks daartoe bygedra tot sy vroeë dood op die betreklik jeugdige ouderdom van 47jaar.

Verder het Van Rensburg se belangrikste amptelike aktiwiteite saamgeval met die storm en drang-periode in die ou Transvaal, wat doelbewus vergeet is.

Dit word egter duidelik dat die blonde boer, skraal en 6 voet 3 duim lank (1.90 meter) met 'n konserwatiewe gees; diepgaande Christelike beginsels en opregte eerlikheid en sy verantwoordelikheidsin; hom gedwing het om pligsgetrou 'n rigtinggewende bydra te lewer in die vestiging van 'n ordelike staatkundige bestel in die wordingsjare van die jong  Z.A.R.

SY HERKOMS

Hy is 'n direkte afstammeling van die stamvader van die Van Rensburgs, Claas Jansz (soos hy met sy aankoms in Suid-Afrika bekend gestaan het) en Aletta van der Merwe met wie hy op 14 Augustus 1708 op Stellenbosch getroud is.  Hulle oudste seun Johannes b1 (oupa-grootjie van W.C.J. van Rensburg) ~ 07.07.1709 op Stellenbosch, is in Kaapstad op 27.08.1730 met Anna Margaretha Botha getroud.  Hulle oudste seun Nicolaas c1 (oupa van W.C.J. van Rensburg) ~ 22.06.1731 in die gemeente Drakenstein (Paarl). Hy trou op 11 November 1753 met Albertha van Rooyen.  Hulle 4de kind Hendrik d4 (pa van W.C.J. van Rensburg ) ~ 04.11.1859 op Stellenbosch en is op 21.04.1782 in Kaapstad getroud met Susanna Josina Scheepers, en na haar oorlye is hy op 2 September 1804 in Kaapstad getroud met Martha Magdalena Scheepers (niggie van Susanna Josina) Hendrik se tweede huwelik is W.C.J. van Rensburg as die 2de jongste kind op 16 Mei 1818 gebore en op 2 Februarie 1819 te Beaufort-Wes gedoop. Hendrik, sy vader, was aan die Visrivier 'n invloedryke boer. Hy het ook 'n belangrike rol gespeel om die Oosgrens en Graaff-Reinet te beveilig. Eweneens het hy 'n leidende rol gespeel in die weerstand tydens die Britse besetting van die Kaap.

SY SPORE TYDENS DIE GROOT TREK

Daar Hendrik W.C.J. van Rensburg se pa, reeds in oktober 1828 oorlede is en hy skaars 10 jaar oud, het hy na alle waarskynlikheid saam met sy ouer broer en voog Lukas Willem J van Rensburg e6, aan die Groot Trek deelgeneem.  Alles dui daarop dat hy byna 20jaar oud, tydens die Moordspruit - Bloukransmoorde, saam met familie en vriende op die, nou bekende, Rensburgkoppie was. By die koppie was 8-10 gesinne, waaronder slegs 14 of 15 weerbare manne. Hulle het moedig weerstand gebied, teen 'n horde Zoeloe impies van nagenoeg 1500. Spoedig het hulle, hulle egter in 'n benarde posisie bevind, hulle  ammunisie was op. Danksy die 18 jarige Marthinus Oosthuizen se heldhaftige daad om te perd deur die Zoeloehorde  heen te jaag; 1 myl (1.6km) ver ammunisie te gaan haal; terug te jaag en dit aan hulle by die koppie te gee, kon hul die aanslag afweer. Later die jaar het hy in die huwelik getree met Elizabeth Maria Jacoba du Plessis * 31.10.1819. Uit hulle huwelik is 12 kinders gebore.  W.C.J. van Rensburg en sy gesin het 'n tydlank in Natal vertoef, dog na die engelse Natal geannekseer het, het hy saam met die ander Trekkers na Transvaal verhuis. Dit blyk onder andere uit die feir dat sy 3de kind Johannes Andries op 5 Mei 1842 langs Mooirivier gebore, en in die gemeente Potchefstroom op 8 Junie 1844 gedoop is.

SY SPORE IN TRANSVAAL

Tydens sy verblyf op Potchefstroom en Ohrigstad, was hy in 1847 saam met 'n afvaardiging na Delagoabaai onder leiding van commandant Hans van Rensburg. Op hierdie tog het hy ernstig siek geword aan swartwaterkoors (Swartwaterkoors) is 'n komplikasie van malaria. Die term verwys na die donker of swartkleur van die urine wat veroorsaak word deur die malaria-parasiet wat die rooibloedseller se wande laat bars en die hemoglobien of inhoud van die rooibloed word dan deur niere uitgeskei. Die Hemoglobien veroorsaak die donker kleur in die urine. Die simptome is normaalweg hoë koors, geelsug, lae bloeddruk, bloedarmoede en acute nierversaking wat gewoonlik die oorsaak van dood is. Dit is duidelik dat swartwaterkoors 'n mens baie siek maak.] wat vir jare daarna sy tol geeis het. Na bykans 10 jaar se omswerwinge, het hy hom permanent op die plaas, "Kafferskraal" gevestig.

IN DIE OPENBARE LEWE

As lid van die Volksraad

In 1850 is hy op 32jarige ouderdom tot Volksraad verkies vir die wyk Agter-Magaliesberg waar Louis van Wyk indertyd veldkornet was. Een van die eerste dinge waarmee hy te doen gekry het was, "om eene vaste Brieven post aan te laten stellen" tussen Lydenburg en Potchefstroom. Hy was aangestel as een van die wat dit moes reël. Dat die Volksraad behoorlik moes funksioneer was vir hom baie belangrik. Verwarring rakende die reëling van Volksraadvergaderings, het hom ongelukkig gestem. Verder was dit vir hom 'n saak van erens dat die Volksraad streng volgens besluite wat geneem is, moes handel. In die verband rig hy dan ook 'n skrywe aan die Volksraad in sitting o 29 Desember 1852. Die vertroue wat die kiesers in hom gestel het blyk uit die feit dat toe die Volksraad verklein is na 12 lede, hy vir die tweede termyl verkies is as lid van die nuwe distrik Rustenburg. Op 12 Junie 1855 vra hy tydens 'n Volksraadsitting op Rustenburg om uit sy amp as Volksraadslid ontslaan te word, omdat siekte hom verhinder het om sy verpligtinge n ate kom. Dit word aanvaar, op voorwaarde dat hy weer beskikbaar sal wees, sodra sy gesondheid dit toelaat.

As lid van die Uitvoerende Raad 1858-1861

Tydens die Volksraad in sitting op 16 - 19 Februarie 1858 is besluit om W.C.J. van Rensburg weer as lid van die Volksraad te kies, om sodoende die Volksraad, voltallig te maak, daar dit gegaan het oor buitengewone omstandighede. Weereens was dit 'n bewys van die vertroue wat die gemeenskap in hom gestel het. Die grondwet, vlag en staatswapen is tydens die vergadering aanvaar. M.W. Pretorius word eenparig as Staatspresident van die Z.A.R verkies, en Stefanus Schoeman as Kommandant-Generaal.  Ingevolge die grondwet moes die president bygestaan word deur 'n Uitvoerende Raad wat bestaan het uit 'n Kommandant-Gereraal, twee stemgeregtigde burgers en 'n sekretaris. Tydens die vergadering is J.H.. Grobler en W.C.J. van Rensburg met groot meerderheid stemme, as lede van die uitvoerende raad verkies. Op 18 Februarie is hy in die amp beëdig.                         Nogeens dui dit op die vertroue wat in hom gestel is . W.C.J. van Rensburg was op verskillende maniere diensbaar en dit wat aan hom opgedra is, het hy hom met onderskeiding van sy taak gekwyt. Uit indertydse dokumente is dit duidelik dat by die opvlam van gemoedere, hy die man was d.m.v. oorreeding gemoedere kalmeer en geskille vreedsaam besleg het. Volgens sy eie woorde het hy probeer om "alle moeijelikhede uit ons land weg te noemen en alle verwarrens uit de weg te ruimen".   Die grondwet is allerweë aanvaar maar die interpretasie van klousules het baie problem veroorsaak. Op daardie stadium was M.W. Pretorius en Stefanus Schoeman (om dit so te sê) dieerkende leiers van die liberale konserwatiewe kampe. Oor die grondwet het M.W. Pretroius en Stefanus Schoemn trompop gebots. Van Rensburg het 'n belangrike rol gespeel wat tot hulle versoening gelei het. (Verslag van byeenkoms te Rustenburg op 3 Februarie 1858 in Staatskoerant). Eweneens het hy in die versoenings-ooreenkoms tussen lydenburg en die Z.A.R. 'n beplande rol gespeel. (notule van Volksraadsitting 1-11 Junie 1854 op Rustenburg)

As Kommandant - Generaal 07-12-1860 - 18-04-1862

In sy afwesigheid vaardig Kommandant-Generaal Stefanus Schoeman op 28 Junie 1858 W.C.J. van Rensburg af, om sy plek as assistant Kommandant-Generaal op te tree. Op 13 Januarie 1860 word 'n noodsitting van die Volksraad gehou om die inligting dat M.W. Pretorius tot president van die Vrystaat verkies is, te hanteer. Ten einde die amp op 3 Februarie 1860 te aanvaar, vra Pretoruis ses maande verlof. Op die vergardering word besluit dat van Rensburg sal waarneem as President in Pretorius se afwesigheid, wat hy van die hand gewys het. Toe word J.H Grobler aangewys om die betrekking te vul. Die besluit het baie ontevredenheid veroorsaak. Die burgers van Potchefstroom het openlik in opstand gekom teen J.H. Grobler as waarnemende President en Stefanus schoeman is toe in Grobler se plek as waarnemende President aangewys. Schoeman bedank as Kommandant-Generaal omdat hy kragtens die grondwet nie twee ampte tegelyk mag beklee nie. Daarna benoem hy Van Rensburg om die vakature van Kommandant-Generaal te vul. (Notule van die Uitvoerende Raad se vergadering op 3-8 Desember 1860).   Met Stefanus Schoeman aan stuur van sake het dit nie goed gegaan nie. M.W. Pretorius se pogings om die Z.A.R. en die Oranje Vrystaat met mekaar te verenig, het himself uit die politiek van die Z.A.R. gehaal en gevolglik 'n ernstige leemte gelaat op 'n kritieke stadium. Die oorsaak van die burgerstryd wat sou volg, is hoofsaaklik te vind in 'n vloeibare staatkundige bestel van 'n nog wordende administrasie om 'n omvattande grondwet in werking te stel. Daarvoor was sterk leierskap nodig. Schoeman was duidelik nie die man daarvoor nie. Hy word beskryf as -een heftige en voortvarende man, hooghartig en 'n wispelturige politikus. 'n Nuutverkose Volksraad het op 2 April 1862 vergadering in 'n gees van algemene verwagting dat die tydperk van regeringloosheid, tot 'n einde gekom het. Stefanus Schoeman word skuldig bevind aan "pligtverzuim en voorbedachtheid" en word sonder meer geskors totdat hy voor 'n bevoegde regbank verantwoording kan doen (Notule volksraadsitting 2-26 April 1862).

As waarnemende Staatspresident

Op 18 April 1862 tydens die genoemde volksraadsitting is W.C.J. van Rensburg, volgens onderlinge eenparige kiezing, as waarnemende Staatspresident aangewys. Vasbeslote om die beste te maak van 'n netelige politieke toestand, spring Van Rensburg met prysenswaardige ywer aan die werk, om die staatsadministrasie doeltreffend te laat funksioneer.  Die Volksraad selfversekerd en met 'n nuwe President van die Uitvoerende Raad het links en regs amtenare aangestel, aangekla, skuldig bevind en geskors. Selfs die ou Volksraad het aan die pen gery.   Stefanus Schoeman het egter geweier om sy skorsing te aanvaar. Wat hom betef was hy nog steeds waarnemende President en het hy ook geweier om beheer van die administrasie af te staan. Op gesag van die nuutverkose Volksraad is die kantore toe geopen. Stefanus Schoeman het alles in die stryd gewerp om die Van Rensburg-administrasie omver te werp. In September 1862 kom Schoeman en sy ondersteuners in Potchefstroom aan en maak 'n volkslëër  van ongeveer 500 man bymekaar. Terselfdertyd is 'n staatslëër byeengebring onder bevel van waarnemende commandant-generaal T.J. Snyman en Kommandant-Generaal J. van Dyk, bygestaan deur kommandat Paul Kruger. Na vrugtelose skriftelike onderhandeling en pogings tot bemiddeling deur M.W. Pretorius word die dorp sonder baie skade deur die staatlëër gebombardeer. Op 9 Oktober vind daar 'n skermutseling tussen die staatslëër en volkslëër plaas, waarna M.W. Pretorius, Stefanus Schoeman en die leieraanhitsers oor die Vaalrivier op die vlug slaan.  Die staatslëër kon daarna die dorp beset en op 11 Oktober 1862 word die beheer van Potchefstroom formeel aan waarnemende President W.C.J. van Rensburg oorhandig deur Kommandant-Generaal T.J. Snyman. Nadat algemene amnestie aan alle opstandige toegestaan is, word Van Rensburg se regering algemeen aanvaar en talle skuld-erkentenisse geteken. 'n Uitsonderling is gemaak van Stefanus Schoeman, J.C.Steyn en Carel Preller snr. Wat voëlvry verklaar is. Hulle eiendom is deur die Krygsraad verbeurd verklaar. Kalmte het geleidelik na die Z.A.R teruggekeur en Van Rensburg kon weer aandag gee aan sy normale verpligtinge. Die staatsadministrasie moes weer opdreef kom. Dit verdien vermeld te word dat hy as lidmaat van die Ned. Hervormde Kerk in sy hoedanigheid as waarnemende Staatspresident nie net simpatie gehad het met die opdraende stryd wat die Gereformeerde Kerk om erkennig gehad het nie, maar deur sy invloed kon die Gereformeerde Kerk naas die Hervormende Kerk in die Z.A.R., ook erkening geniet.

As Staatpresident

In 1863 was die M.W. Pretorius-grondwet reeds vyf jaar in werking. Nogtans is daar nog nie 'n President in die Z.A.R. volgens die grondwet verkies nie. M.W. Pretorius is naamlik as President aanvaar nada thy verskeie kere op openbare vergaderings, waar 'n gedeelte van die bevolking aanwesig was en hom, met akklamasie as President uitgeroep het. Na sy vertrek na die Oranje-Vrystaat het J.H. Grobler waarnemende opgetree totdat hy deur Stefanus Schoemanvervang is, wat weereens deur 'n gedeelte van die volk in beheer geplaas is. Tydens die presidentsverkiesing van April 1863 is W.C.J. van Rensburg as president en S.J.P. Kruger as Kommandant-Generaal verkies (Die uitslag was W.C.J. van Rensburg 370 stemme en M.W. Pretorius 247 stemme).  Van Rensburg wou die verkiesing om verskeie redes o.a. sy gesondheid en aanvaar nie, dog na 'n gloeiende getuigskrif kon hy dit nie weier nie. Die Volksraad het hom bedank"voor de schoonehandeling", sy ,ware belangstelling voor land en volk, en sy dienste in die moeilike tye. "Met beleid, moed en standvastigheid het U.H.Ed. uwe onderdanen bestuurd vooral wat een hoofd van het land tot eer strekt, gy hebt regt en geregtheid zonder aansien des persons, gehandhaafd en niet geaarzeld om hen tot hunnen pligt te brengen, die de wet overtrede  (Uit notule Volksraadsitting 20  Mei 1863). Daar was ongelukkigheid oor die wettigheid van die verkiesing. Die volksraad het op 20 Mei 1863, alles inaggenome, besluit dat dit wel wettig was. Op grond van Van Rensburg se versoek dat terwille van algemene tevredenheid daar weer 'n verkiesing gehou moes word, het die Volksraad so besluit. Dit het dan ook plaasgevind in oktober 1863 waartydens W.C.J. van Rensburg weer teenoor M.W. Pretorius te staan gekom en andermaal met 'n meerderheid van stemme gewen het. Die uitslag was W.C.J. van Rensburg 1106 stemme en M.W.Pretorius 1065 stemme. Hy het egter versoek dat hy hom nie vir 5 jaar tot die amp kan verbind nie. Op 23 Oktober 1863 is hy in die amp beëdig. Op 23 November 1863 kom daar 'n berig dat M.W. Pretorius, Stefanus Schoeman en Hans Steyn gewapend byeen is langs die Vaalrivier. President van Rensburg het krygswet afgekondig en daar is reëlings getref om staatsdokumente na 'n plek van veiligheid te neem. Die spanning wat intussen, tussen die staatsleër onder aanvoering van Kommandant-Generaal Paul Kruger en die volksleër onder aanvoering van Kommandant Jan Viljoen aan die Krokodilrivier naby die teenswoordige Brits gebots en die volksleër die nederlaag gely het. Een burger is in die geveg dood en verskeie gewond. Vredesonderhandelinge het gevolg vanaf 9-14 Januarie 1864 en daar is ooreengekom dat W.C.J. van Rensburg moet aanbly as president tot en met 'n nuwe presidentverkiesing kort daarna.                                                                                                                         In Maart her die verkiesing dan ook plaasgevind en M.W. Pretorius het met 'n meerderheid van 401 stemme teenoor   W.C.J. van Rensburg gewen.

                                             M.W. Pretorius                                W.C.J. Pretorius

Utrecht                               48                                                        66

Pretoria                              461                                                     339       

Soutpansberg                    33                                                        118

Potchefstroom                  738                                                        118

Lydenburg                          24                                                        152

Wakkerstroom                  113                                                          3

Rustenburg                        102                                                     322

                                       1519                                                   1118

Op 9 Mei 1864 in M.W. Pretorius dan weer as President van die Z.A.R. beëdig.

Al wat vir Van Rensburg oorgebly het was om sy administrasie aft e sluit gedurende die laaste 5 weke van sy bewind. Roetine-sake kon hy met gerustheid aan die goewerments-sekretaris oorlaat.

Sy taak is afgehandel en hy is terug na sy plass Kafferskraal aan die voet van die Magaliesberg. Hy was siek, en net betyds, om die laaste reëlings te tref vir die versorging van sy gesin, voordat hy, skaars 47 jaar oud op 13 Augustus 1865 oorlede is.

Hy en sy eggenote is op sy plaas begrawe en later saam op 17-08-1974 in die helde-akker van die ou Begrafplaas, Kerkstraat-Wes, Pretoria, herbegrawe.

Sy rol in oënskyn

Die rol wat W.C.J. van Rensburg in die beginjare van die Z.A.R. gespeel het, mag nie misgekyk, geringgeskat en vergeet word nie.

Na 14 jaar in diens van die Z.A.R. kon hy as president 'n gevestigde en beproefde regering afgee. Deur politieke storms heen kon hy 'n wankelende sentrale gesag na kalmer waters help voer. Hy het aan stuur van sake gekom, toe die Z.A.R. 'n tydperk van ernstige interne verwarring en onsekerheid belewe het. Vir 'n geriume tyd het hy midde die beroeringe gestaan en 'n belangrike rol in die tydperk van die burgerstand en veral die afloop daarvan gespeel.

Die Z.A.R. was aan hom dank verskuldig vir sy invloed in die h andhawing van 'n effektiewe sentrale gesag, wat gewerk het, as was dit nie met indrukwekkende sterk leierskap nie.

Hy het deurgans 'n anker rol gespeel in 'n tydperk van woelinge en onsekerheid.

Die stabiliserende en koersvaste rol in 'n tydperk van politieke chaos wat hy met die hulp van Paul Kruger gespeel het, verdien nog steeds om na waarde geskat te word.

M.W. Pretorius se rol in die tydperk van storm en drang in die Z.A.R.

Genoodsaak deur onrus van die Bantoe het die Volksraad (Insittings op 15 Oktober 1850 in Potchefstroom) besluit om 'n militêre opperbevel weer aantestel. As die held van Bloedrivier, was Andries Pretorius die aangewese person. Gevolglik het die Volksraad besluit om hom aan te stel.

Na die dood van Andries Pretorius in 1853 is sy seun M.W. Pretorius eenparig in sy plek as Kommandant-Generaal aangestel.

Om die droom van sy pa van "'n Verenigde Voortrekkerstaat" gestalte te gee, het hy dit as 'n geleentheid gesien om sy kleim in die Oranje Vrystaat se sake, af te steek.

'n Ideale geleentheid vir hom was om die 4 losstaande republieke saam te snoer.

Hy verlaat egter 'n nog vêr van verenigde Transvaal, met die doel om die twee Boere-republieke, met mekaar te verenig.

In die Oranje Vrystaat aangekom versoek hy die Volksraad, in sitting te Bloemfontein op 6 September 1854, om die vergadering by te woon en toe te spreek.

Die versoek word toegestaan en hy maak van die geleentheid gebruik, om dit op tee is wat die Vrystaat kwansuis aan sy pa verskuldig was. Deur middle van 'n proklamasie word alle eise wat tersprake was , verwerp.

Oppertunisties het hy prober om 'n voet in die deur van die Oranje Vrystaat se politiek te kry.

Ongelukkig het sy eise ook gepaard gegaan met dreigemente. Gevolglik het dit op 25 Mei 1857 aan die  Rhenosterrivier, byna op 'n geveg uitgeloop tussen die magte van die Oranje Vrystaat en die van Transvaal.

Weer terug op Transvaalse bodem word hy op 18 Februarie 1858 as Staat-President van die Z.A.R. eenparig verkies en beëdig.

'n Onhoudbare situasie het egter ontstaan omdat hy terselfdertyd President van Transvaal was. Die dubbele presidentskap was egter van korte duur.

Die Transvaalse Volksraad het besef watter onmoontlike situasie ontstaan het, en het gvolglik vir M.W. Pretorius gevra om in Julie 1861 as President van Z.A.R. te bedank.

Om President van die O.V.S. te wees het egter gou sy glans vir hom verloor en op 5 Maart 1863 het hy sy bedanking ingehandig, tot groot konsternasie van daardie Volksraad.

Terug in Transvaal moe hy uitvind dat baie burgers hulle vertroue in hom verloor het. In 1858 was hy eenparig aangewys as Staatpresident, nou moes hy egter 2 presidentsverkiesings verloor. Eers na 'n derde keer is hy as President verkies.

M.W. Pretorius het drie keer onsuksesvol prober om die Z.A.R. en die oranje Vrystaat met mekaar te verenig. Die hartseer gedeelte van die worstelstryd in Transvaal, kan grootliks toegeskryf word aan sy afwesig wees, toe sy mense hom daar nodig gehad het.

F.Lion Cachet het in sy boek: "De Worstelstryd der Transvalers" dit so opgesom: - "De Uitlandigheid van Pretorius, werd voor Transvaal een bron van groote moeielykheden en ten slotte de oorzaak van een treurugen burgeroorlog".

Bronne

1.       I.D. du Plessis :- Die rol van Willem Cornelis Janse van Rensburg in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Republiek. (Voorgelê as deel van die vereister vir graad MA - Fakulteit Lettere en Wysbegeerte UP     Desember 1964)

2.      Manfred Nathan :- The Voortrekkers of South Africa CAN Ltd. 1937 p216-228

3.      F.Lion Cachet :- De Worstelstryd der Transvalers p315 , 330 en 428 , 435

4.      Doreen Lamb :- The Republican presidents 2 en 3 "Lantern" Junie en September 1971

5.      Gustav Preller :- Voortrekkermense IV p156 - 162

 

 

 

 

Terug Terug na bo